Laerskool Eugené N Marais

SPORT

…’N GESONDE LIGGAAM HUISVES ‘N GESONDE GEES…

Sport is ‘n passie by Laerskool Eugené N Marais, daarom is dit baie belangrik dat ons sport kerngesond bly en dat Boompies hulself op alle terreine sal laat geld.

Sport speel ‘n baie belangrike rol in die vorming en ontwikkeling van ons leerders. Leerders word die geleentheid gebied om hulle talente en vaardighede op verskeie gebiede te ontwikkel. Deur middel van goeie ontwikkelingsprogramme vir ons junior-leerders word groot klem gelê daarop om alreeds van jongs af ‘n liefde vir sport te kweek wat dan vanself lei tot goeie resultate.

Ons Boompies word aangemoedig om deel te word van soveel sportgeleenthede moontlik om sodoende te ontwikkel in ‘n gebalanseerde kind met ‘n breë lewensvisie en verwysingsraamwerk.

Meer as genoeg geleentheid word geskep vir massa-deelname waar ons leerders hulself kan geniet en uitleef in die sport van hulle keuse.

BOOMPIESPORT BIED AAN...

ATLETIEK

Elke Boompie atleet kry kwaliteit afrigting. Die toewyding van ons atlete en 'n algehele sterk spangees verseker dat elke Boompie sy volle potensiaal kan ontwikkel.

RUGBY

Rugby by Laerskool Eugené N Marais word beoefen om seuns bewus te maak van die belangrikheid van sportmanskap, om as 'n span te funksioneer, 'n liefde vir rugby te kweek en om rugbyvaardighede te verbeter.

HOKKIE

Boompies spog met 'n trotse en opwindende hokkiekultuur, gevestig in sterk waardes, dissipline en hokkie-etiket. Spangees en entoesiasme is belangrik as jy wil hokkie speel. Hokkie is nie net wedstryde en harde werk nie, maar ook tonne pret.

NETBAL

Ons doelwitte is om 'n groot liefde vir die spel en basiese netbalvaardighede, by die dogters te kweek.

KRIEKET

Hier kweek ons van kleinsbeen af 'n liefde vir krieket.

FIETSRY

Vars lug, uithouvermoë, tegniese vaardighede en pret: dit is maar net enkele bestanddele van die vreugdes van bergfietsry!

TENNIS

Tennis is nie net 'n individuele sport nie, maar maak ook 'n spansport waar elke speler op hul eie unieke manier bydra tot die sukses van die Boompie-tennis. Ons doelwit is om spelers tot hulle volle potensiaal te laat ontwikkel en 'n liefde vir die sport te kweek.

LANDLOOP

 

Landloop is 'n sportsoort waar elke Boompie welkom is! Hier is harde werk en ontwikkeling van elke atleet die boustene van ons sukses.

SKAAK

In die skaakspan maak die Boompies slim skuiwe.

GHOLF

Gholf, 'n sportsoort wat reeds in die 15de eeu in Skotland ontstaan het, is 'n gewilde sport onder die boompies. Dit leer spelers in die skool se span dissipline, en help hulle om onder druk te funksioneer.

ALGEMENE VRAE?

VOLTOOI DIE VORM HIERONDER
EN ONS SAL U TERUG SKAKEL

"*" indicates required fields

NAAM*