DIE BOOMPIE IDEAAL
VISIE
Die skool waar leerlinge toegerus word
“Waar elkeen iemand is.”
MISSIE
Leerlinge:
* Wat netjies gedissiplineerd en hoflik is
* Wat gesag aanvaar en ons skoolreëls in alle opsigte eerbiedig
* Wat respek het
Personeel:
* Wat sy/haar Godgegewe talente en gawes aanwend in die beplanning en verwesenliking van ons doelwitte
Ouers:
Wat gebalanseerd betrokke is by die skool
'n Skool:
Waarop onsself en ons hele gemeenskap trots is
SKOOLWAPEN
SKOOLLIED
WOORDE: Me Smit
TOONSETTING: Mnr. D du Toit
Oor die wye Springbokvlakte
Oor die bedding van die Nyl
Tot oorkant teen die hange
Van die Waterberge steil
Daar weerklink ons skoollied helder
Met die leuse" DOEN JOU BES!
In Eugené N Marais
Streef ons steeds verby die res
Of ons speel of sing daar
Van ons land en volk en taal
Is die wekroep van ons leuse
DOEN JOU BES ons ideaal
SKOOLDRAG
DIS BAIE BELANGRIK DAT ELKE BOOMPIE ALTYD NETJIES IS.
KYK ASB MOOI NA DIE GEDRAGSKODE OM SEKER TE MAAK ELKE BOOMPIE LYK SY BESTE.
INDIEN MOONTLIK VRA ONS DAT SKOOLKLERE WAT NIE MEER GEBRUIK WORD NIE BY DIE SKOOLKLEREBANK AFGEGEE KAN WORD.
KERNWAARDES
Onderrig sal geskied vanuit ‘n Christelike
perspektief.
Hoë Akademiese standaarde gehandhaaf word.
Personeel bekwaam en kundig sal wees.
Leerders fisies sal ontwikkel.
Leerders as kulturele wese ontwikkel.
Leerders gemotiveer word om hul volle
potensiaal te bereik.
Ouers ‘n integrale rol as prominente deel van die
opvoedingspan sal wees.
‘n Harmoniese en stimulerende opvoedkundige
klimaat geskep word.
Die hoogste vlak van effektiewe bestuur
verseker word.
SKOOLGELDE
GRAAD 1 – 7:
R13 000.00 PER LEERDER VIR 2024
(1ste paaiement - R1750)
gevolg deur
10 gelyke paaiemente - R1125)
BETALINGSDATUMS:
AFSLAG
VOLBETALING VOOR | KORTING | BESPARING | TOTAAL PER LEERDER |
---|---|---|---|
31/01/24 | 10% | R1300 | R11700 |
28/02/24 | 5% | R650 | R12350 |
MAANDELIKS: 10 GELYKE PAAIEMENTE VOOR OF OP DIE LAASTE DAG VAN ELKE MAAND
Kontak Me. E. du Plooy van Finansies.
finansies@lenm.co.zaBetaalbaar by die kantoor.
Betaalbaar by die kantoor.
Slegs VISA en MASTER kaarte word aanvaar.
ABSA: Naboomspruit
Takkode: 334148
Rek Nommer: 1080 490 204
Bewys van betaling: finansies@lenm.co.za
ALGEMENE VRAE?
VOLTOOI DIE VORM HIERONDER
EN ONS SAL U TERUG SKAKEL
"*" indicates required fields