AKADEMIE
By Boompies is elkeen van ons kinders vir ons goudwerd en word hulle reeds vanaf graad R goed onderlê om eendag hulle volwaardige plek in die samelewing vol te staan!
Ons glo aan gelukkige kinders wat holisties ontwikkel word – waarvan Akademie die 1ste prioriteit is.
"Onderwys kweek selfvertroue, Vertroue kweek hoop. Hoop kweek vrede." Confucius
Dit is presies wat ons op akademiese gebied by Boompies doen!
VIR ANDER IS LAERSKOOL Eugené N MARAIS ‘N SKOOL.
VIR ONS IS DIT ‘N FAMILIE.
VIR ANDER IS AKADEMIE ‘N KURRIKULUM.
VIR ONS IS DIT ‘N ONTDEKKINGSREIS NA NUWE MOONTLIKHEDE.
VIR ANDER IS ‘N LAERSKOOL NET DIE VOORLOPER VAN ‘N HOËRSKOOL.
BY ONS IS DIT DIE VOORLOPER TOT ONS TOEKOMS.
HIER BY DIE BOOMPIES GROEI ONS STERKER SAAM!
GRONDSLAGFASE
‘n Grondslagfase onderwyseres by Laerskool Eugené N Marais is soos ‘n mamma by die skool. Met die wete dat 90% van dit wat leerders self “sê” en “doen” onthou word val die klem baie op praktiese aanleer van vaardighede in die Grondslagfase. Elke graad in die Grondslagfase is ‘n belangrike bousteen. Die een bou op die ander en saam vorm dit ‘n stewige fondasie vir toekomstige leer.
GRAADHOOFDE
INTERMEDIÊRE-FASE EN GR.7
In die Intermediêre en Senior fase word kreatiewe denke aangemoedig en word dit ondersteun deur praktiese aanleer van vaardighede.
Agter Boompies se uitmuntende en volgehoue prestasie lê daar geen suksesgeheim nie. Die kinders se prestasies is hul beloning op ‘n hoë werksetiek, doeltreffende en kundige bestuur, bekwame onderwysers en dissipline.
Die goue draad wat al vir dekades deur Boompies se doen en late loop, is die strewe om leerders intellektueel te vorm en kultureel en geestelik te verryk.
VAKHOOFDE
ALGEMENE VRAE?
VOLTOOI DIE VORM HIERONDER
EN ONS SAL U TERUG SKAKEL
"*" indicates required fields