Tuis-Laerskool Eugene N Marais

Tuis-Laerskool Eugene N Marais

Voorwoord van
Mnr. Weideman

LENM is nie net ‘n gebou nie, maar ‘n opvoedkundige instelling met ‘n siel. ‘n Siel geskep deur gekwalifiseerde en gemotiveerde personeel, betrokke ouers en gelukkige en hardwerkende leerlinge in die veranderende samelewing.

LENM is ‘n Christelike Afrikaans-medium skool, waar Engels-medium op ‘n ad hoc basis aangebied word. Hier word ons kinders toegerus vir die veranderende węreld, Christelike norms en waardes word gevestig deur doelgerigte onderwys en opvoeding, waar uitnemendheid heeltyd ons oogmerk is. By LENM hardloop ons nie weg vir die uitdagings van die hededaagse samelewing nie, maar ons belę in elke leerling dit wat nodig is om sy/haar volle potensiaal te bereik. Ons het ‘n sterk dissiplinęre stelsel wat met liefde en omgee toegepas word. By ons skool sorg ons vir die lied in die hart en die glimlag op die gesig.

Jy het nog nie ‘n ingeligte besluit geneem oor jou kind se toekoms, as jy nie eers met ons kom gesels het nie.

LENM is die beste keuse.